Kronendal Aftree Oord

Kronendal Aftree Oord Kronendal Retirement Centre and Frail Care Unit Dit is omring deur 'n pragtige tuin en met 24 uur sekuriteit word hierdie inwoners soos goud opgepas.

Kronendal Aftree-oord is al vanaf 1977 een van die bekendste aftree-oorde in Gauteng en het, soos 'n inwoner dit stel, 'n indrukwekkende "pedigree". Dit is 'n klien dorpie met een groot familie in eie reg. Hier word saamgestaan deur dik en dun, voor en teenspoed. Die inwoners is die aandeelhouers en Kronendal word bestuur deur kundige personeel gerugsteun deur 'n direksie. Hierdie direksie bestaan

uit inwoners se kinders, dus is dit van groot belang dat hul ouers se aftree blyplek reg bestuur word. Geestelike en kulturele versorging word voorsien. In hierdie "dorpie" is 'n haarsalon en biblioteek. Vars vrugte/koekies word te koop aangebied. Toesluit-kelder parkering is beskikbaar. telefoonoproepe geskied deur 'n skakelbord. Mediese versorging is beskikbaar en is onder beheer van 'n matrone met haar personeel wat almal se behoeftes met sorg hanteer. Dit is sentraal geleë tussen hospitale en busroetes en winkelkomplekse is nie te ver nie.

Op 26 Mei het die Krone hul Physer Covid vaksines gekry. Alles het goed afgeloop. Dr Chris, matrone Sandra, Sr Ansa, Flo...
01/06/2021

Op 26 Mei het die Krone hul Physer Covid vaksines gekry. Alles het goed afgeloop. Dr Chris, matrone Sandra, Sr Ansa, Florina, Esther, Amanda en Hendrina het gehelp terwyl Jan, Wanie en Toerien die rekenaars beman het. Nico by ontvangs moes net heen en weer hardloop die dag en was sekerlik stokflou die aand.
Die personeel van die Departement was baie hulpvaardig.

Nou wag almal net vir hul volgende inspuitings.

Elize Myburgh en Rita Liebenberg kan elk darem nou al met hulp loop. Elize moes 8 weke plat lê en Rita 6 weke. Die verso...
15/04/2021

Elize Myburgh en Rita Liebenberg kan elk darem nou al met hulp loop. Elize moes 8 weke plat lê en Rita 6 weke. Die versorgingseenheid se personeel en die fisioterapeut Daleen het bygedra tot hierdie nuwe loop.
Lorein Winter sterk ook daar in die versorgingseenheid aan en het groot lof vir hulle.
Joyce Coetzee loop nou sommer baie goed op haar eie en oefen baie hard.

Met die tussentydse Munisipale verkiesing is die inwoners hier by Kronendal vanoggend geregistreer. Dit het sommer vlot ...
13/04/2021

Met die tussentydse Munisipale verkiesing is die inwoners hier by Kronendal vanoggend geregistreer. Dit het sommer vlot verloop, hulle is baie gretig om te stem op 15 Mei.

Hierdie woonstel is te koop teen R442 166. Dit het sit/eetkamer, kombuis, badkamer en 2 slaapkamers met baie ingeboude k...
18/03/2021

Hierdie woonstel is te koop teen R442 166. Dit het sit/eetkamer, kombuis, badkamer en 2 slaapkamers met baie ingeboude kaste. Vir verder navrae oor heffings en dies meer, kontak asseblief vir Wanie by 012 941 1104 * 312

Die weer is so heerlik hier in Pretoria en Sr Linda het gesorg dat die Versorgingseenheid se Krone 'n bietjie vars lug k...
12/03/2021

Die weer is so heerlik hier in Pretoria en Sr Linda het gesorg dat die Versorgingseenheid se Krone 'n bietjie vars lug kry. Tannie Magda het net gevra: "Nou waar moet ek nou gaan?" Nietemin die vars lug doen hulle goed.

Ons grapjas en liefling het 95 geword. Beatrix se dogter en kleinkinders het dit vir haar in die besoekerskamer aangenaa...
08/02/2021

Ons grapjas en liefling het 95 geword. Beatrix se dogter en kleinkinders het dit vir haar in die besoekerskamer aangenaam gemaak.

Jaco het Kersfees 2020 mooi gemaak vir die Krone. Baie dankie, Jaco!
08/02/2021

Jaco het Kersfees 2020 mooi gemaak vir die Krone. Baie dankie, Jaco!

Kronendal versorgers is in 'n vrolike luim en vier World Aids Day.Dis wonderlik om sulke glimlagte wat positiewiteit uit...
01/12/2020

Kronendal versorgers is in 'n vrolike luim en vier World Aids Day.
Dis wonderlik om sulke glimlagte wat positiewiteit uitstraal, te sien.
Go for it, Kronie Caries!

Waar die boom was het 3 eende verrys en 'n mooi beeld.Ek sal liewer sê hierdie 3 eende het name - Susan(sy hanteer die t...
20/11/2020

Waar die boom was het 3 eende verrys en 'n mooi beeld.
Ek sal liewer sê hierdie 3 eende het name - Susan(sy hanteer die tuin), Piet die bestuurder en Wanie. Ek sou reken die agterste een is Piet, met Susan regs en Wanie links!!
Baie dankie Susan!

Happy, die tuinier, is met verlof. George en Colin moes inspring en help. Sodoende bly die Krone-tuin mooi.
20/11/2020

Happy, die tuinier, is met verlof. George en Colin moes inspring en help. Sodoende bly die Krone-tuin mooi.

Martie van Wyk is 98 jaar oud en sy mis nie 'n oefensessie nie.Mooi Martie!
20/11/2020

Martie van Wyk is 98 jaar oud en sy mis nie 'n oefensessie nie.
Mooi Martie!

Met die Taxi-optogte kon baie personeel nie by die werk kom nie. By Kronendal staan almal saam in tyd van nood. Hendrien...
20/11/2020

Met die Taxi-optogte kon baie personeel nie by die werk kom nie. By Kronendal staan almal saam in tyd van nood. Hendriena van die apteek en Lenie van Versorging en Toerien van Huishouding het ingespring en kelners gespeel. Amanda het ook baie gehelp.
Baie dankie aan hierdie persone.

Address

Pretoria
0083

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

0129411104

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kronendal Aftree Oord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share